OUDTSHOORN NUUS - Antonio Bruiners (14), gebore Oudtshoorniet en gr. 9-leerder van Hoërskool Outeniqua in George, het verlede maand groot welslae in die hekkie-afdeling by twee groot atletiekbyeenkomste behaal.
Op 12 Oktober het Bruiners by die Spar Kwaggas Top-10-atletiekbyeenkoms sy eie rekord in die 100 m-hekkies gebreek. Hy het ook by die Bredasdorp Top-10-atletiekbyeenkoms onderskeidelik 'n silwer- en bronsmedalje in die 300 m- en 100 m-hekkies ingepalm.
Bruiners het aanvanklik sy hoërskoolloopbaan by Langenhoven Gimnasium begin, maar sy ouers het vanjaar besluit om hom vanaf die tweede kwartaal na Hoërskool Outeniqua te skuif.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'