OUDTSHOORN NUUS - Lloyd Bosman (21 km) en Francois Maquassa (10 km) het Saterdag onderskeidelik die jaarlikse Klein Karoo Internasionaal (KKI) volstruiswedloop gewen.
Die sirkelroete- wedloop het 07:00 by Laerskool Wesbank weggespring met altesaam 231 atlete wat vanjaar ingeskryf het. Deelnemers het ook na afloop van die wedlope verskeie pryse gewen tydens gelukstrekkings.
Volgens een van die organiseerders, David Mckinnon, was die dag 'n reusesukses en het daar beslis meer deelnemers as verlede jaar ingeskryf.
Uitslae in die verskillende afdelings:
- Lloyd Bosman en Anel van Wyk - Ope afdeling
- Bruce Maboza en Michelle van Heerden - Junior wenners
- Booi Salman en Carol Groenewald - Wenners in die veterane 40-49 afdeling
- Peter Jaehne en Doortjie van der Spuy - Wenners in die veterane 50 -59 afdeling
- Robbie Joubert en Annatjie Botes - Wenners in die veterane 60 -69 afdeling
- Ernst Van Zyl en Jackie Calitz - Wenners in die stapafdeling.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'