OUDTSHOORN NUUS - Booi Salman was verlede Saterdag die vinnigste man en Bianca van der Westhuizen die vinnigste vrou van die 104 deelnemers wat by die Surval-olyflandgoed aan die 237ste Oudtshoorn-parkrun deelgeneem het.
Onder die mans was Patrick Peters tweede en Yaron Venter derde oor die wenstreep.
Bianca was algeheel vyfde met Sarah Viljoen wat die tweede vrou was. Rozanne Theart het in die derde plek geëindig.
Annemarie le Roux het Saterdag haar 100ste en Fanie Olivier sy 50ste parkrun voltooi.
Die tye van die voorste drawwers was soos volg:
- Booi Salman (18:05)
- Patrick Peters (20:26)
- Yaron Venter (21:12)
- Francois Verwey (22:40)
- Bianca van der Westhuizen (22:44)
- Newald Groenewald (22:54)
- Herman Augustyn (24:26)
- Christo Theart (24:28)
- Hans Lareman (24 33)
- Sarah Viljoen (25:00)
- Rozanne Theart (25;05)
- Pieter Fourie (25: 56)
- Albertus Kennedy (25:56)
- Jean du Plessis (25: 58).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'