OUDTSHOORN NUUS - Booi Salman en Bianca van der Westhuizen was Saterdag weer die wenners van die Oudtshoorn-parkrun by Surval. Greens Groenewald wat Saterdag sy 100 ste parkrun gehardloop het was tweede, met Melvin Lukas in die derde plek.
Rozanne Theart was die tweede vrou, en Petré King (14) die eerste junior.
Die tye van Saterdag se voorste hardlopers is soos volg:
- Booi Salman (17: 34)
- Greens Groenewald (20:34)
- Melvin Lukas (22:20)
- Chris Oertal (22:25)
- Peter Koedyk (22:34)
- Shaun Kock (22:40)
- Edward Salies,(22:56)
- Francois Goosen (23:40)
- Bianca van der Westhuizen (24:20)
- Rozanne Theart (25:26)
Die Oudtshoorn-parkrun word nog tot einde van Maart elke Saterdagoggend om 07:00 by die Surval-olyflandgoed aangebied, maar vanaf 6 April omstreeks 08:00.
Oudtshoorn-parkrun vier ook op 20 April sy vierde bestaansjaar en die organiseerders nooi alle deelnemers om die geleentheid saam te kom vier.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'