ATLETIEK NUUS - Laerskool Hoekwil se blouspan het verlede Vrydag 11 November met die louere weggestap tydens die skool se jaarlikse kleureatletiekbyeenkoms wat by hul sportterrein gehou is.
Ofskoon die bloues die meeste punte aangeteken het, het die geelspan vanjaar die geesbeker gewen.
Nietemin was dit 'n hoogtepunt op die skool se sportkalender en wanneer 'n mens na die foto's kyk, kan jy sien die kinders het voorwaar 'n fantastiese dag gehad.
Leané Oelofse (10) neem 'n blaaskans. Foto: Anja Lambert
Geel en blou by Laerskool Hoekwil se sportterrein. Foto: Judy Olivier
Caleb James (8) en Orlando Campher (8). Foto: Anja Lambert
En... die bloues het gewen! Foto: Judy Olivier
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'