OUDTSHOORN NUUSFLITS - Bestmed, een van Suid-Afrika se leidende mediese hulpskemas, het hul borgskap vir jaarlikse Eden-straatmylreeks vergroot, wat te weeg gebring het dat die fietsrykomponent verder uitgebrei word met 'n kermesse by die NMU-wedloop op die George-kampus.
Dit word weer onder die beskerming van die Klein Karoo Atletiekfonds (KKAF) en in vennootskap met ASWD, Eden-fietsry, NMU en die ATKV aangebied.
Dave van der Walt, operasionele bestuurder van die KKAF sê: "Die vennootskap ondersteun die visie van 'n gesonde leefstyl en as sulks is hierdie borgskap net tot voordeel van sport en gesondheid in die Eden-distrik."
Na ‘n beskeie begin as deel van die Oudtshoorn Atletiek Vakansiebyeenkoms (ou Geelbladsye-byeenkoms), het die straatmyl idee gegroei tot 'n straatmylreeks, wat gedurende Desembervakansies in drie wedlope in drie Eden-dorpe aangebied word.
Die afgelope twee jaar het die fietsrykomponent bygekom en 'n nuwe kleur aan die straatmylreeks gegee.
Die fietsrykomponent van die straatmylreeks sorg vir groot opwinding.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'