OUDTSHOORN ATLETIEKNUUS - Drie besoekers was Saterdag die voorste hardlopers in die 211de Oudtshoorn-parkrun by Surval.
Trevor Lockens van Fourways Roadrunners Gauteng was die wenner met Robbie Serfontein van Stellenbosch tweede en sy vrou Marion wat in die derde plek geëindig het.
Teresa Bester was die tweede vrou en Chantelle van Zyl derde.
Die 16-jarige Justin Olivier was die eerste junior.
Hans Lareman het Saterdag by Parkrun klub 100 aangesluit met die voltooiing van sy 100ste parkrun terwyl Oupa Vermeulen dit die vorige week gedoen het.
Saterdag se voorste hardlopers met hul tye is soos volg:
- Trevor Locker (19:34)
- Robbie Serfontein (19:46)
- Marion Serfontein (24:23)
- Ulrich Rademeyer (21:11)
- Teresa Bester (21:15)
- Thys Jamneck (21:44)
- Daniel Seho (21:47)
- Christo Niemand (23:53)
- Hans Lareman (23:55)
- Newald Groenewald (24:17)
- Chantelle van Zyl (25:56)
Oudtshoorn-parkrun word elke Saterdag by die Surval-olyflandgoed net buite Oudtshoorn aangebied en begin in die wintermaande om 08:00. Deelname is gratis en oud en jonk is welkom. Deelnemers kan hardloop of stap.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'