Gallery
OUDTSHOORN ATLETIEKNUUS - Atletiekkoors loop tans hoog in Oudtshoorn met verskeie byeenkomste wat die afgelope week by die De Jagers-sportkom-pleks plaasgevind het.
Saterdag het die Oudtshoorn-streekatletiekkampioenskappe vir hoërskole in die Oudtshoorn-omgewing weggespring.
Hierdie byeenkoms dien as proewe en die atlete wat die eerste top drie plekke in hul onderskeie posisies behaal het, sal op 21 en 22 Februarie weer by die De-Jagersportkompleks aan die SWD-atletiekbyeenkoms deelneem.
Verlede Donderdag en Vrydag was die Sone-atletiekbyeenkomste vir Oudtshoorn-laerskole aan die beurt.
Klik hier vir 'n fotogalery.
Die jaarlikste loopbyeenkoms wat tussen Hoërskool Oudtshoorn, Langehoven Gimnasium, Hoërskool Punt en Hoërskool Outeniqua beslis word, het Dinsdag plaasgevind. Wyndham Ewerts en Ebenezer Titus het die aksie op kamera vasgevang.
'n Leerder van laerskool Bergsig hardloop triomfantlik oor die wenstreep.
HIerdie atleet van Laerskool Wesbank het hakskene vir sy teenstanders gewys.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'