OUDTSHOORN ATLETIEK NUUS - Linathi Ngqambuza (links) is in die Eden-span opgeneem wat op 2 Maart in Paarl aan die Wes-Kaap-atletiekkampioenskappe gaan deelneem.
Shanè Pikaan het 'n derde plek in verspring en eerste plek in hoogspring vir meisies o.9 behaal.
Slegs ouderdomsgroepe van o.10 jaar en ouer kwalifiseer om aan dié kampioenskappe in Paarl te gaan deelneem.