OUDTSHOORN NUUS - Henry Carstens, wat Saterdag die vierde plek in die Parkrun ingeneem het, het 'n besondere mylpaal bereik aangesien dit sy 150ste Parkrun was.
Sy tyd was 23 min 3 sek.
Die 51-jarige Patrick Peters van die Oudtshoorn Infanterieskool was met 'n vinnige tyd van 20 minute 20 sekondes die wenner met Greens Groenewald tweede in 'n tyd van 22:38.
Christo Niemand was derde met 'n tyd van 22 minute 49 sekondes en Linelle Groenewald wat 6de was, was die eerste vrou oor die wenstreep met 'n tyd van 24 min 12 sek.
Die 11-jarige Reghardt Wolmarans (30:43) was die eerste junior.
Daar was Saterdag altesaam 87 deelnemers met die 170ste Parkrun by Surval.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Kelin Karoo nuus'