OUDTSHOORN NUUS - Anel van Wyk (Oudtshoorn Nedbank-atletiekklub) het Saterdag in twee wedlope in Knysna onderskeidelik eerste en tweede plekke losgehardloop.
In Saterdag se Momentum Cape Times Knysna-bosmarathon, wat deel is van die jaarlikse Oesterfees, was sy die tweede vroue oor die wenstreep. Die volgende dag hardloop sy die die 15 km Houtkappers Trail Run (Rheenendal) en wen die vroue kategorie in 'n nuwe rekordtyd van 1uur 22 minute.
Saterdag se marathon (42,2 km) en halfmarathon (21,1 km) het 9 500 deelnemers gelok en is deur Knysna-atletiekklub aangebied.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'