OUDTSHOORN NUUSFLITS - Anèl van Wyk is met die Eden Nedbank-atletiekklub se prysuitdeling met 'n goue medalje beloon vir haar prestasies.
Sy is een van tien Oudtshoorn-Nedbank-atlete wat in die onderskeie kategorieë vereer is, maar het die hoogste toekenning ontvang.
Haar prestasies in veldlope, beste tyd vir 'n Eden vroue-atleet by die Twee Oseane het haar die titel en medalje as beste subveteraan besorg.
Lees meer in Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'