OUDTSHOORN NUUS - Twee 13-jarige junior atlete, Matthys Wessels en William van Tonder, was Saterdag die eerste twee drawwers oor die eindstreep in die 156ste Oudtshoorn-parkrun by die Surval Olyflandgoed.
Wessels se tyd was 'n vinnige 19 min 53 sek en dié van Van Tonder 20 min.
Linelle Groenewald wat in die 9de plek klaargemaak het, was die eerste vrou met 'n tyd van 23 min 17 sek.
Greens Groenewald was derde met 'n tyd van 20:21 gevolg deur Adri Wessels (20:23), Jaco Pretorius (21:42), Johann Coetzer (22:57), Alfonso Wessels (23:08), Melvin Lukas (23:17), Linelle Groenewald (23:17), Deon van der Walt (23:35) en Francois le Roux (24:08).
Die dag het 106 drawwers en stappers gelok.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'