OUDTSHOORN NUUS - Die Klein-Karoo straatmyl wat Maandagoggend, 16 Desember, in Baron van Reedestraat plaasgevind het was die voorloper vir die gewilde Eden-straatmylreeks en het heelwat toeskouers gelok. Atlete het deelgeneem in perfekte weer en goeie prestasies gelewer. 'n Rekordgetal van 135 atlete het deelgeneem.
Die mans ope-myl was die hoogtepunt, met vier hardlopers wat die 4 minute grens gebreek het. Keanu Domingo van Potch Track Club het in 3:53.5 gewen. Die atlete het konserwatief begin en die halfpadmerk is in net meer as twee minute bereik. Van daar was dit egter vuurwerke met die voorste groep wat versnel het.
Die uitstaande prestasie van die dag was die 3:57.3 deur die 17-jarige Thinus Erasmus van Hoërskool Outeniqua in George. Erasmus wat nog in die jeugkategorie val, het besluit om in die mans ope-kategorie in te skryf omdat hy gevoel het dit sou hom 'n beter kompetisie bied om 'n droommyl te behaal. Hierdie besluit het vrugte afgewerp en sy 3:57.3 het sy vorige beste tyd met 'n volle 12 sekondes verbeter. Andrea Steynberg van Potch Track Club het 'n besondere prestasie in die meisie jeugkategorie verwerf deur Danielle Verster se 2019-rekord van 4:50.89 tot 4:48.5 te verbeter.
Die straatmyl was 'n voorloper vir die ATKV-straatmyl. Die inisiatief word aangebied deur die KKAF (Klein Karoo Atletiek Fonds).
Uitslae:
Jeug meisies (2007-2009)
1. Andrea Steynberg, Potch Track Club, 00:04:48.5
2. Luca de Waal, Hoërskool Zwartkop, 00:05:06.6
3. Annabelle Mcewan, Outeniqua Harriers 00:05:15.1
Jeug seuns (2007 - 2009)
1. Bertus van der Linde, Potch Track Club , 00:04:13.1
2. Jac du Plessis, Outeniqua Harriers, 00:04:17.9
3. Daniël van Zyl, Boxer Ac, 00:04:26.4
Jong talent ID meisies (2010 - 2015)
1. Anneke Steynberg, Hoërskool Menlopark, 00:05:17.2
2. Chanene Barnard, Hoërskool Zwartkop, 00:05:24.4
3. Rouvé Janse van Rensburg, Orange Meisieskool Bloemfontein, 00:05:30.2
Jong talent ID seuns (2010 - 2015)
1. Rosco Hutchinson, Port Alfred Junior Secondary School, 00:04:48.3
2. Tyroyd Arendse, 00:04:52.4
3. Leon Machina, Port Alfred Junior Secondary School, 00:04:54.1
Mans ope
1. Keanu Domingo, Potch Track Club, 00:03:53.5
2. Elvis Mokhonoana, Backtrack Club, 00:03:56.1
3. Kwazi Nogcantsi, Tut AC, 00:03:59.1
Dames ope
1. Michaela Oosthuizen, Tuc AC, 00:04:58.6
2. Jandrie Snyders, Hartenbos Drawwers, 00:05:12.6
3. Simoné de Wet, Tuc AC, 00:05:36.5
Junior Mans (2005 - 2006)
1. Thinus Erasmus, Tuc AC, 00:03:57.3
2. Brendan Wessels, Maties Stellenbosch AC, 00:04:07.6
3. Matthew van Coller, 00:04:09.0
Junior Dames (2005 - 2006)
1. Erna-Marie Conradie, Paarl AC, 00:05:02.4
2. Micke Janse van Rensburg, Boxer AC, 00:05:22.5
40+ Mans
1. Gawie Van Jaarsveld, Kempton Road Runners, 00:05:09.9
2. Thinus Oelofse, Outeniqua Harriers, 00:05:35.2
3. Johannes Jordaan, 00:05:43.4
40+ Vroue
Seanette Botha, 00:06:46.1
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’