OUDTSHOORN NUUS - Die 12-jarige Willem van Tonder van Laerskool Laurus het Saterdag se 138ste Oudtshoorn Parkrun met 'n persoonlike beste tyd van 20 minute 19 sekondes, gewen.
Hy het daarmee die gesoute Greens Groenewald onkant betrap.
Groenewald was tweede met 'n tyd van 20 minute 44 sekondes, gevolg deur Lyle Maasdorp (21:03).
Suzy Fitt was in haar eerste Parkrun die eerste vrou by die eindpunt met 'n tyd van 23 minute 14 sekondes, met Linelle Groenewald (24:16) in die tweede plek.
Annemarie le Roux het Saterdag haar 50ste Parkrun voltooi.
Altesaam 106 drawwers en stappers het aan Saterdag se Parkrun deelgeneem.
Almal is welkom om gratis deel te neem. Die wegspringtyd is 07:00 by Surval Olive Estate.
Annemarie le Roux het haar 50ste Parkrun voltooi.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'