Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Die jaarlikse interskole tussen Langenhoven Gimnasium en Punt Hoërskool het die naweek vir die 32ste keer plaasgevind, en soos altyd was dit ’n dag vol sport, opwinding en goeie gees.
Hoewel Punt verlede jaar met die louere weggestap het, het Gimmies vanjaar sterk vertoon in verskeie wedstryde.
Op die sportvelde het leerders van beide skole nie net hul vaardighede gewys nie, maar ook uitstekende sportmanskap, wat bygedra het tot die feestelike en gesonde kompetisiegees.
Die uitslae wat tot dusver aan die Oudtshoorn Courant bekend is, is die volgende:
- Eerste seunshokkiespan: Gimmies wen 2–0
- o.14A dogtershokkiespan: Punt wen 6–0
- o.16A seunshokkiespan: Gimmies wen 2–1
- Eerste dogtershokkiespan: Gimmies wen 2–1
- Eerste netbalspan: Punt wen 33–28
Met oorwinnings aan albei kante, is dit duidelik dat die interskole steeds ’n hoogtepunt in die plaaslike sportkalender bly en die bande tussen die twee skole verder versterk.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’