OUDTSHOORN NUUS - Langenhoven Gimnasium het Vrydag 23 Januarie hul jaarlikse kleurebyeenkoms aangebied, waartydens 'n uitstekende gees geheers het en atlete besonder goed gevaar het.
Verskeie baan- en veldrekords is tydens die byeenkoms verbeter.
Ané Bester het die 1 500 m vir dogters o. 19 gewen met 'n tyd van 5:11:20, terwyl Equin Josephs in die seuns o. 17-hoogspring 'n hoogte van 1,96 m behaal het.
Lian Verwey het die 800 m vir seuns o. 17 in 2:02 gewen, en Janko Joubert het die 100 m-hekkies vir seuns o. 14 voltooi in 'n tyd van 15:30.
In die velditems het William Deck 'n afstand van 12,81 m in die seuns o. 19- gewigstoot aangeteken, terwyl Daniel Laufs die spiesgooi vir seuns o. 14 met 'n gooi van 42,26 m gewen het. Liam Jansen het ook 'n rekord opgestel in die 200 m vir seuns o. 14 met 'n tyd van 24:08 sekondes.
Marli de Jongh is as junior victrix ludorum aangewys, met Amanda Joubert as senior victrix ludorum. In die seunsafdelings is Aden-John Meyer as junior victor ludorum aangewys, terwyl William Deck die titel van senior victor ludorum ontvang het.
Die Blouspan-dirigente het die atletiek-beker gewen en die Witspan-dirigente het die geesbeker gewen.
![]() Die Blouspan se dirigente het die atletiekbeker gewen. Foto's verskaf | ![]() Die Witspan se dirigente het die geesbeker gewen. |
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’

