MOSSELBAAI NUUS - Verdra mekaar, aanvaar mekaar en bedaar mekaar - dalk is dít die oplossing?
Ek het onlangs die voorreg gehad om twee vroue te ontmoet wat mense, na my mening, gerus na kan opkyk. Een luitenant-kolonel Maria Gerber en die ander Elzabé Zietsman.
Vir seker 'n interessante kombinasie, maar die twee het vir my iets in gemeen gehad: hul verdraagsaamheid, en selfs liefde, teenoor hul medemens. Die kleurvolle taalgebruik het ook gehelp (meer algemeen by Elzabé as die kolonel, maar nietemin) - dit laat soms 'n ding soveel meer opreg klink.
Ek dink dis hulle hoop vir die mensdom en ook die feit dat hulle onverdraagsaamheid verafsku.
Die kolonel is van mening ons is op hierdie aarde geplaas om mekaar te help. Die polisie kan ook net soveel doen, so mense moet inspring en help waar hulle kan, al is dit iets kleins. Sy't onlangs 'n toekenning gekry en al wat sy eintlik wil doen is mense help om mekaar te help.
Baie van wat Elzabé vertel het oor haar lewe in Brixton, kom op dieselfde neer. Sy is deel van 'n gemeenskap wat mekaar ondersteun ten spyte van swaarkry.
Lees meer by www.mosselbayadvertiser.com
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’