Sponsored Content
SKOLENUUS - Hoër Volkskool het in 2024 talle hoogtepunte beleef. Volkskool het onder andere 'n nuwe skoolhoof aangestel, spog met sportmanne en -vroue wat internasionaal deelgeneem het aan verskeie dissiplines en dan is hul astro-hokkieveld ook voltooi!
Boonop het Volkskool 'n uiters suksesvolle akademiese jaar beleef. Hul matriekuitslae het gewys hulle is 'n topskool en hul klas van 2024 het 'n uitstekende gemiddelde slaagsyfer van 97% behaal.
Hoër Volkskool is trots op elke matriekleerling, nou oudskolier, wat toegewyd die eindeksamen aangepak het. Die skool het in die afgelope 102 jaar telkemale bewys dat hulle as Afrikaanse skool van die platteland, nie terugstaan vir enige ander skool nie.
Met sterk vakkeuses, 'n topgehalte kos-huis en gedrewe personeel, is dit maklik om Volkskool uit te ken en te kies as 'n skool wat met trots vasstaan in tradisie en presteer op verskeie gebiede.
Leerders geniet die voordeel van gehalte geriewe asook professionele afrigters wat belê in hul kinders se ontwikkeling.
Hoër Volkskool is dalk 'n klein Afrikaanse skool in die Karoo, maar een met groot gees wat die onderwysers oordra na die leerders.
Hoër Volkskool is slaggereed vir 2025, gerat vir die uitdagings en opgewonde oor nuwe hoogtepunte waarin hulle elke dag hul Volksietrots sal uitleef en voortbou op hulle reputasie as Afrikaanse skool van keuse op die platteland.
- Hoër Volkskool is in Plasketstraat, Graaff-Reinet, 049 89 10514 ontvangs@hvsgrt.org.za
- Besoek ook hulle Facebook-blad, Hoër Volkskool Graaff-Reinet.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’