Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Eljada-Kairos Skool se jaarlikse kleuresport het op Donderdag 13 Februarie by die De Jager-sportkompleks plaasgevind. Die dag het vir groot opwinding onder die leerders, sowel as die toeskouers en personeel gesorg.
Eljada-Kairos Skool bied onderrig aan kinders met spesiale behoeftes, en hierdie byeenkoms is 'n hoogtepunt op die skool se kalender.
Leerders het met geesdrif aan verskillende atletiekitems deelgeneem, waaronder naellope, velditems soos verspring en gewigstoot, en die gewilde rolstoelresies.
Die rolstoelresies het besondere byval gevind by die toeskouers, wat die deelnemers met luidrugtige aanmoediging ondersteun het.
FOTOGALERY: Eljada Kairos Skool geniet Kleure-atletiek
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’