Video
DYSSELSDORP NUUS EN VIDEO - Leon Campher, voorsitter van die Dysselsdorp Advieskantoor, het gisteroggend saam met 'n groep Dysselsdorpers vergader om die behuisingskwessie in die dorp aan te spreek.
Volgens hom is daar 26 jaar laas huise in Dysselsdorp gebou en moet mense in tydelike struksture woon terwyl daar in ander dorpe soos Oudtshoorn en De Rust gereeld nuwe huise vir inwoners gebou word.
"Die gesprek het niks met politiek te doen nie, maar als met die gemeenskap. Ons moet opstaan vir mekaar. Ons buurdorpe kry huise terwyl ons kinders in shacks moet grootword."
Volgens hom is die behuisingsprobleem ook een van die grootste oorsake van misdaad in die dorp.
"Die kinders kan nie almal in 'n klein vertrekkie bly nie. Hulle loop dan eerder op straat rond en pleeg misdaad. Die kinders kan nie studeer in 'n huis sonder lopende water en krag nie. Hulle moet in 'n klein vertrek sit waar 'n hele gesin woon en verloor konsentrasie as hulle leer. Die kinders verloor dan belangstelling in skool omdat hulle met die skoolwerk kan bybly nie."
Kyk 'n video hieronder:
Volgens hom is behuising ook nie die enigste probleem in Dysselsdorp nie.
"Die munisipaliteit kan ten minste sorg dat die mense in shacks ordentlik woon terwyl hulle wag vir huise om gebou te word. Die strate kan geteer word en sypaadjies kan reggemaak word."
Volgens Campher is die probleem by die munisipaliteit sowel as die publieke beskermer se kantoor aangemeld.
Volgens Campher is die probleem by die munisipaliteit sowel as die publieke beskermer se kantoor aangemeld.
'Ons bring jou die nuutste Dysselsdorp, Klein Karoo nuus'