OUDTSHOORN NUUS - Kiesers in Oudtshoorn se munisipale wyk 13 gaan op Woensdag 30 Mei weer terug stembus toe.
Die tussenverkiesing vind plaas na die afsterwe van DA-raadslid Pieter Luiters. Volgens LP Tertuis Simmers, verkiesingshoof en woordvoerder vir die tussenverkiesing, het gesê, “stemwerwing het reeds begin en die kiesersrol vir die tussenverkiesing is op Saterdag 3 Mei afgeteken.
Die DA het reeds hulle kandidaat bekendgestel. Die name van die onderskeie partye se kandidate sal bekendgemaak word sodra al die partye gekontak is.
Bevestiging kon nie verkry word oor watter ander partye aan die verkiesing gaan deelneem nie.
Die speaker van die raad, Julia le Roux Krowitz het Maandagoggend gesê, “volgens my kennis gaan Sarco, ANC, ACDP en die EFF aan die verkiesing deelneem.”
Die Oudtshoorn Courant is besig om bevestiging te kry oor partye wat aan die verkiesing gaan deelneem.
Die stemlokale is St. Simons Kerk en die Bridgton Vakansieoord.
Meer inligting volg soos dit bekend raak.
Lees 'n verwante artikel: Raadslid Pieter Luiters onthou
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'