OUDTSHOORN NUUS - Dit is nog onduidelik wat aanleiding gegee het tot die bedanking van twee amptenare wat 'n sleutelrol in die regrukplan van Oudtshoorn gespeel het.
Chris Koch, direkteur van tegniese dienste en Felix Lötter, direkteur van finansies het verlede week uit hulle poste bedank.
Die twee senior amptenare is saam met allen Paulse, munispale bestuurder, aangestel kort nadat die Wes-Kaapse minister vir plaaslike regering, Anton Bredell, 'n regrukplan vir oudtshoorn aangekondig het. Sedertdien het die munispale skuldlas met meer as 'n miljoenrand gedaal en het Oudtshoorn se finansiële situasie volgens verslae aansienlik verbeter.
Terwyl die munisipaliteit nog nie op 'n navraag reageer het nie en nie een van die amptenare vir kommentaar bereik kon word nie, het 'n voormalige werkgewer gesê die struwelinge en onenigheid in die raad is een van die faktore wat 'n rol gespeel het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'