OUDTSHOORN NUUS - Die belangrike raadsvergadering wat vanoggend in Oudtshoorn moes plaasvind om nuwe raadslede in te huldig is tot 11:00 uitgestel.
Die vergadering sou om 09:00 begin het, maar dit was net die DA (7) en VF Plus (3) wat opgedaag het.
Na wat verneem word is die ander 15 raadslede besig om te koukus. Die besprekings gaan waarskynlik oor poste waarop nuutverkose lede hulle oog het.
Die raadslede wat tans met koukusvergaderings besig is, is ANC (8), ICOSA (2), Patriot Alliance (1), Good (1), Advies Kantoor (1), OGI (1) en Saamstaan (1).
Die lot van Oudtshoorn sal hopelik teen later vandag bekend wees sodra die onderskeie partye hulle bedinging vir poste afgehandel het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'