OUDTSHOORN NUUS - Die DA se streekvoorsitter, Jaco Londt, het pas bevestig dat Colan Sylvester, burgemeester van Oudtshoorn, besluit het om uit sy amp te bedank.
Alhoewel Sylvester se amptelike bedankingsbrief nog nie deur die munisipale bestuurder ontvang is nie, het Londt die volgende verklaring uitgereik:
"Kan bevestig dat Colan Sylvester tydens sy disiplinêre verhoor aangedui het dat hy gaan bedank.
Daar was verskeie klagtes hangende teen hom en dit is duidelik dat sy bedanking volg op 'n skuldigbevinding en dat hy gewag het om te spring tot net voor die party hom sou straf vir sy wangedrag.
Die DA het vir maande al probeer om die saak af te handel, met Mnr Sylvester wat telkemale probeer uitstel het.
Ons glo van harte dit is die beste vir die groter Oudtshoorn en sien uit na vernuwing en verandering."
Die burgemeester het nie oproepe beantwoord nie en ook nie op 'n medianavraag aan die munisipaliteit gereageer nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'