BEAUFORT WES NUUSFLITS - Die DA is die eerste party om 'n kandidaat vir die 21 Februarie 2018-tussenverkiesing op Beaufort-Wes bekend te maak.
'n Bekende plaaslike politikus, Derick Welgemoed, gaan veg om die afgedankte DA-raadslid, Kate Elexander, se setel in die Karoodorp se raadsaal vir die DA te behou.
Die DA het Elexander se lidmaatskap opgeskort na sy meer as 'n jaar na die 3 Augustus 2016-munisipale verkiesings nog nie haar lidmaatskapgeld betaal het nie.
Haar stoel sal tot na die 21 Februarie tussenverkiesing leeg wees. Beaufort-Wes het dus tans 'n hangraad, met een KDF (Karoo Democratic Front), ses ANC en vyf DA-raadslede.
Jaco Londt, die DA se voorsitter in die oosstreek en lid van die parlement, het Maandag gesê die DA het omsigtig te werk gegaan om 'n goeie kandidaat daar te stel om die wyk te behou.
Welgemoed was voorheen 'n raadslid op die dorp en ook munisipale bestuurder.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Beaufort-Wes, Klein Karoo nuus'