OUDTSHOORN NUUS - Vier lede van die DA se provinsiale leierskap het verlede Vrydag samesprekings met die DA raadslede van Oudtshoorn gehad.
Die gesprek was onder voorsitterskap van Bonginkosi Madikizela die Wes-Kaapse provinisiale leier van die DA.
Hy het gister in ‘n telefoniese onderhoud met die Oudtshoorn Courant gesê die besoek was noodsaaklik na aanleiding van geskilpunte binne die DA koukus en veral ten opsigte van die tweespalt wat daar tussen die burgmeester, Colan Sylvester, en die munisipale bestuurder, Allen Paulse, heers.
Oudtshoorn se DA-kiesafdelingshoof, Eleanore Bouw-Spies was ook deel van die afvaardiging wat Madikizela vergesel het. Volgens Madikizela is daar verskeie klagtes wat ondersoek sal word.
Die DA sal die ondersoek ten opsigte van klagtes teen die burgemeester loods terwyl die provinsiale minister van plaaslike regering, Anton Bredell, klagtes teen die munispale bestuurder sal ondersoek.
Allen Paulse, munispale bestuurder van Oudtshoorn.
Madikizela het ook bevestig dat ‘n besluit deur die DA koukus etlike weke gelede, om die munisipale bestuurder te skors, nie voor die raad gedien het vir goedkeuring nie en dat hy dus voortgaan met sy pligte.
Lees meer oor die besoek en die aanbevelings wat gemaak is, in Vrydag se Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'