BEAUFORT-WES NUUS - Die DA beskou steeds die Beaufort-Wes ANC/KDF (Karoo Democratic Front) koalisie as onwettig en hou vol om dit ongeldig te laat verklaar.
Die stryd om weer beheer oor Beaufort-Wes se plaaslike regering te neem, word nou op Donderdag 19 April in die Kaapse hooggeregshof aangehoor.
Die 13 setel raad, met ses ANC, ses DA en een KDF verteenwoordiging, swaai die KDF se Noël Constable die septer oor wie regeer.
Die KDF was sedert die 2016 munisipale verkiesing in koalisie met die DA.
Op Sondag 19 Februarie het Constable aangedui dat hy gegrief is met beweerde DA verbreekte beloftes.
Hy het hom by die ANC geskaar en is met die burgemeesterstoel beloon.
Derick Welgemoed, DA-raadslid en woordvoerder vir die ses Beaufort-Wes DA-raadslede, het Woensdag bevestig hulle gaan nie die oorname aanvaar nie.
"Dis onwettig en ons gaan hof toe."
Welgemoed wou nie oor die meriete van hul hofaansoek uitbrei nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'