Breaking News
OUDTSHOORN NUUS - Die adjunkpresident van Suid-Afrika, Shipokosa Paulus Mashatile, besoek vandag, 24 September, Oudtshoorn en Dysselsdorp as deel van die land se nasionale Erfenisdagvieringe.
In sy hoedanigheid as waarnemende president van die Republiek gaan Mashatile die amptelike geleentheid op die Bridgton-sportterrein, in samewerking met die departement van sport, kuns en kultuur en die Wes-Kaapse provinsiale regering gelei.
Vanjaar se vieringe vind plaas onder die tema “Herverbeel ons Erfenisinstellings vir ’n nuwe era” en beklemtoon die rol van erfenis as bousteen vir ’n dinamiese, inklusiewe en tegnologies gevorderde toekoms.
Die viering word voorafgegaan deur ’n geleentheid in Dysselsdorp waar ’n multifunksionele sportbaan oorhandig word en die Een Miljoen Bome-veldtog ook aan Dysselsdorpers bekendgestel word.
Mashatile het ook die belangrikheid van museums as bewaarders van geskiedenis en kennis uitgelig. Volgens hom moet hierdie instellings herposisioneer word as ruimtes van relevansie en innovasie wat nie net artefakte bewaar nie, maar ook gemeenskappe verbind en transformasie bevorder.
“Suid-Afrika se erfenissektor is lank reeds ’n hoeksteen van ons nasionale identiteit, kollektiewe geheue en versoening,” het hy gesê. “Museums en ander erfenisinstellings speel ’n noodsaaklike rol in die genesing van gemeenskappe en in die voorkoming van die herhaling van vorige ongeregtighede.”
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’