OUDTSHOORN POLITIEKE NUUS - Met die nasionale verkiesing wat iewers in Mei plaasvind is politieke partye besig om hulle vere reg te skud en plakkate af te stof.
Terwyl die verkiesingsdatum nog nie bekend is nie begin politieke partye reeds met hulle onderskeie verkiesingsveldtogte. Die DA op Oudtshoorn is die eerste party wat plaaslik met hulle veldtog begin het.
Daar is hierdie week bevestig dat die DA-leier, Mmusi Maimane, Saterdagoggend by die Bridgton-sportterrein gaan optree.
Ministers wat Vrydagaand by 'n galadinee in die burgersentrum se banketsaal optree, sal ook die verrigtinge bywoon.
Hulle sluit Helen Zille en Alan Winde in. Tertuis Simmers, die streek se kiesafdelingshoof en LP, het verlede week met die DA-raadslede vergader en ook die party se eerste verkiesingsplakkaat in Hoogstraat aangebring.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'