Sersant Stoffel Holtzhausen was Donderdagoggend by die Pretoriase Landdroshof toe sy doodluiters by ‘n hofsaal instap om haar man te ondersteun.
‘n Lasbrief vir haar inhegteneming weens diefstal is in 2012 uitgereik.
Holtzhausen sê hy het haar man sowat ‘n jaar gelede weens die besit van vermoedelike gesteelde eiendom in hegtenis geneem. Holtzhausen was ‘n getuie vir die Staat in die man se verhoor.
“Die vrou en haar dogter het in die hof ingestap en ek het die kind se gesig herken.”