Só het kenners gereageer op oproepe uit plaaslike en internasionale kringe om alle trofeejag te beëindig ná die onwettige jag in Zimbabwe van Cecil die leeu deur die Amerikaanse tandarts dr. Walter Palmer.
“Dit is moeilik vir mense om te verstaan dat deur iets dood te maak jy die bevolkingsgetalle van daardie spesie laat toeneem, maar jag is die pilaar waarop alle wildbewaring gegrond is,” het Adri Kitshoff, uitvoerende hoof van die Professionele Jagtersvereniging van Suid-Afrika (Phasa), gesê.