“Wanneer ek klaar is met die Valke, sal ek die enigste wit gesig oor wees,” het Ntlemeza volgens twee onafhanklike bronne drie weke gelede op die Valke se hoofkantoor-bestuursvergadering gesê.
Dit was glo ’n “grappie”, maar dit is onduidelik presies wat hy daarmee bedoel het. Veral bruin Valke-hoës het blykbaar ernstig aanstoot geneem.
Dít volg op heersende spanning in die Valke se geledere wat volgens sewe bronne “onhoudbaar” word in die aanloop tot die aanstelling van ’n nuwe