“Ek kan bevestig dat Sylvester weer uit die park ontsnap het,” het Fayroush Ludick, SANParke woordvoerder vir die Border-groep van parke vanoggend gesê.
Soos die vorige keer in 2015 het die jong leeumannetjie klaarblyklik weer onderdeur ’n elektriese heining deurgekruip waar reën die grond uitgekalwe het.
Volgens Ludick het parkpersoneel gisteroggend die sein van sy satelliet-opsporingskraag buite die parkgrense opgetel word.
“Veldwagters en spoorsnyers is dadelik na die park se noordwestelike heining waarvandaan die sein gekom het.”
Tussen agt en tien personeellede het Sylvester te voet agterna gesit, maar teen gisteraand het hulle hom nog nie ingehaal nie.
Hulle het onverrigtersake teruggekeer park toe vir die nag en vanoggend vroeg weer die spoor gevat – die keer is die sein sowat 20 km noordwes van die park opgetel.
Volgens Ludick is die gebied waar Sylvester hom nou bevind ‘n wisselende landskap met bergpieke en valleie.
- Sylvester die leeu weer tuis
- Opvolg: Karoo-leeu terug na 3 weke
- Escaped lion finally caught
- Hulp uit alle oorde om leeu te vang
- Opvolg: Leeu te slim vir spoorsnyers
- Opvolg: Leeu glo in Noord-Kaap
- Helikopter ingespan vir leeu-soektog
- Leeu speel wegkruipertjie
- Opvolg: Spore gevind na leeu ontsnap
- Lion breaks out of Karoo National Park