NASIONALE NUUS - Kleinboere wat weens die Covid-19-inperking swaar kry en van die staat se finansiële ondersteuning wil gebruik maak, kan op die landbou-organisasie SAAI se aanlyn-platform aansoek doen.
Die platform is geskep om boere wat nie toegang tot elektroniese kopieertoerusting het nie, te help om maklik aansoek te doen.
Die aansoeke moet voor 22 April ingedien word.
Die meeste van die R1,2 miljard sal aangewend word om hoofsaaklik pluimvee-, groente- en veeboere te help om aan te hou kos produseer.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'