“Sy is kritiek maar stabiel. Haar hartklop lyk goed maar haar koors is hoër,” het ’n vriendin, Lindi Calitz Dinsdagoggend aan Rekord gesê.
Belinda Louw is Saterdag deur ’n motor getref by ’n motorwassery op die hoek van Johan Heyns en Ben Swartstraat in die Moot.
’n Bestuurder by die onderneming, Edian van As, sê ’n interne ondersoek duur voort.
Polisiewoordvoerder Kaptein Coba Brits sê: “Tot dusver word ’n saak van roekelose en nalatige bestuur teen die werker ondersoek.”