Belinda Louw (35) is deur ‘n motor getref by die onderneming op die hoek van Johan Heyns en Ben Swartstraat en is met ernstige beserings na die hospitaal gehaas.
Sy het haar eerste kind verloor wat hierdie week gebore sou word en is in ‘n kritieke toestand.
Louw, wat haar motor na die wassery gebring het, het buite gewag toe dit gebeur.
‘n Ingeligte bron vertel Louw het op ’n stoel gesit toe een van die motorwassers in ’n voertuig bo-oor haar ry.