Nhleko het onlangs uitgevaar oor dié 21 huise langs die helikopterlandingsplek net buite die Nkandla-grensdraad wat volgens hom teen ’n koste van R135 miljoen gebou is.
Die minister het gesê hy soek antwoorde oor wie die huise laat bou het en waarom dit leegstaan.
“Ons moet uitvind hoe dit daar gekom het,” het hy gesê.