Frikkie Gouws se enigste dogter, Elzeth (30) het in ‘n botsing reg van voor op haar pa se verjaarsdag gesterf.
Sy was op pad na haar pa se plaas om sy verjaarsdag Sondag te vier.
Frikkie se suster Annatjie Gouws sê die ongeluk het omstreeks 16:00 buite Brits gebeur.
Elzeth se ouers, Frikkie en Rina, het onwetend verby die motorongeluk gery. Elzeth se wit Volkswagen golf het op sy dak gelê.
“Hierdie is baie moeilik vir die gesin. Ons almal sou Sondag bymekaar gekom het om Frikkie se verjaarsdag te vier en nou kom ons bymekaar vir ’n hele ander doel,” sê Annatjie.