GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Volgens jongste inligting sal die opruimingsproses by die ongelukstoneel op die N2 naby Groot-Brakrivier nog sowat twee ure duur.
Mosselbaai se munisipale bestuurder, Advokaat Thys Giliomee, het bevestig dat die opruimingsproses sowat halfpad voltooi is en dat daar steeds houers na ander vragmtors oorgelaai word.
Motoriste wat in die rigting van Mosselbaai ry, word versoek om steeds die Glentana-ompad te gebruik, terwyl diegene wat in die rigting van George op die N2 ry, aangeraai word om versigtig by die ongelukstoneel te wees.
Twee mense het in die ongeluk gesterf.
Artikel verskaf deur ons susterskoerant, Mossel Bay Advertiser.
Lees vorige artikels:
• Ongeluk: N2 steeds gesluit
• N2 gesluit na ongeluk
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'