Hier is ‘n bordjie wat sê Leeupan en dis 60km van Middelburg af. Die kar is leeg, maar ek sal ‘n plan maak.”
Me. Juanitta Annandale het Maandagoggend vertel van die vreemde gebeure en die uiteindelike vind van mnr. Britz se oorskot.
Sy het vertel dat mnr. Britz en sy vriendin, Lettie, by hulle ‘n woonstel huur en Saterdagaand saam met hulle gekuier het.
“Iets baie vreemds het hier gebeur,” sê sy.