Die verdagte, wat in aanhouding bly, het 'n geruime tyd vir 'n bed in die Valkenburg Psigiatriese Hospitaal gewag.
Die man word daarvan aangekla dat hy sy bejaarde ma vir 'n geruime tydperk verkrag het.
Die 79-jarige vrou was glo in 'n verwaarloosde toestand toe lede van die Mosselbaai Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Misdrywe Eenheid die saak begin ondersoek het.