JONGENSFONTEIN NUUS - Die twee verdagtes in die moord en aanranding op twee vrouens van Jongensfontein, se saak is tot Vrydag 2 Februarie uitgestel.
Die verdagtes, die 48-jarige James (Outa) Steyn en Cornelius van Rooyen (41), het vandag in die Riversdal-landdroshof voorgekom.
Die verdagtes is Vrydag 26 Januarie na ‘n grootskaalse soektog op Vermaaklikheid gearresteer, binne slegs twee ure na die moord op Ona Hugo (80) en wrede aanval op Hettie de Witt (92).
Nog ses aanrandingsake is teen die twee moordverdagtes aanhangig gemaak.
Lees meer op ons susterskoerant, Suid-Kaap Forum.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'