Sy wou nie uitbrei oor wat die redes is nie. Sy het gesê “dat sy ’n wit bakkie sien en kan aanvoel dat daar ’n ouer manspersoon betrokke is.”
Sy het aanbeveel dat Neline se ouers haar vriendin Jackie Pritchard nader. Op haar webblad sê Jackie dat sy die polisie bystaan met vermiste persone.
Volgens ’n berig op haar webblad jackiepritchardsa.com het sy gehelp met die Cisca du Toit moordondersoek sowel as baba Michaela se ontvoering. Sy kon nie telefonies bereik word nie.
Die tweede vrou is ’n plaaslike heldersiende. Sy het versoek dat haar naam en inligting nie genoem word nie.
Verskeie van haar kliënte het haar genader om te help om na Neline te soek. Die vrou het gesê dat sy aanvoel dat Neline beslis nie dood is nie.
Daar is volgens haar ’n ouer man by haar verdwyning betrokke is en dat haar selfoon iets daarmee te doen het. Die vrou sê dat Neline voel dat sy in groot moeilikheid gaan wees as sy terug kom.