Die US-raad het Maandagaand ná ’n marathon-vergadering die US se verbintenis tot Afrikaans herbevestig deur ’n mosie vir meertaligheid te aanvaar.
Hoewel die akademiese aanbod in Engels uitgebrei sal word, sal Afrikaans as gelyke akademiese en administratiewe taal behoue bly. Dit beteken effektief dat Afrikaans en Engels parallel sal funksioneer.
Die mosie is met ’n oorweldigende meerderheid aanvaar. Altesaam 21 stemme is vir die mosie ingedien, drie stemme was daarteen en twee het buite stemming gebly.