MOSSELBAAI NUUS - Twee Mosselbaai-vroue het in Maart geskiedenis gemaak deur, sover bekend, die eerste twee Mosselbaaiers te word om van Luklah in Nepal na Everest Base Camp te stap.
Die afstand is volgens hulle maar 'n skrale 130km, maar was daar heelwat ander uitdagings.
Die stap wat op 3 Maart begin het, het nege dae tot by die bestemming geduur, wat twee klimatiseringsrusdae ingesluit het. Op die "rusdae" het hulle egter steeds geklim, en dan die aand teruggekeer na 'n laer hoogte om daar te slaap want daar is 'n sêding in die Himalayas: climb high, sleep low.
Dit is om stappers en klimmers te help beskerm teen die gevreesde hoogtesiekte, wat selfs tot die dood kan lei. Die terugkomslag het slegs drie dae geduur, met afstande van om en by 20km per dag.
Hulle het van 'n hoogte van 2 800m in Luklah (9 184vt), geklim tot by EBC by 5 364m (17598 vt). Een van die ontstellendstee oomblikke vir hulle was die dag wat 'n vrou wat gesterf het op 'n draagbaar verby hulle gedra is na Luklah.
Lees meer op ons susterskoerant, Mossel Bay Advertiser.
'Ons bring jou die Die twee Mosselbaaiers, Adelle Harmse (links) en Alta Landman, op Everest Base Camp. nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'