Janet Prinsloo het in die vroeë oggendure uit die stort geklim en langs haar bed gestaan toe sy ‘n skerp pyn in haar hakskeen voel.
“Toe ek afkyk sien ek net die verskriklike groot kop van die slang,” vertel sy.
“Ek het grond toe gegaan en my bes probeer om sy kake los te maak. Elke keer as een kant los kry, druk hy die ander kant terug in my hakskeen in. Ek het uiteindelik losgekom, maar nie voordat hy my vyf keer aan die voorkant van my been en twee keer aan die agterkant gebyt het nie.”
