Die kind het Saterdagoggend vroeg vyf pornografiese foto’s en suggestiewe boodskappe aan die vrou (36) gestuur.
“Dit was 04:00 toe my selfoon die eerste keer gepiep het,” het die vrou vertel. Sy sê dat sy haar boeglam geskrik het toe sy die boodskap van ‘n vreemde nommer af oopmaak. Daar was ‘n grys en wit foto van ‘n man wat orale seks op ‘n vrou toepas.
Dit was maar die eerste van vyf eksplisiete pornografiese foto’s wat oor die volgende ses uur na haar selfoon toe gestuur is. “I wanna do bad things to you,” het nog ‘n boodskap verklap.