NASIONALE NUUS - Die SA poskantoor verseker mense wat Sassa-toelaes ontvang dat die staking deur enkele Sassa-personeellede nie ‘n invloed op vandeesmaand se betaling van Sassa-toelaes het nie. Die staking is op 8 Oktober deur Nehawu (die Nasionale Onderwys Gesondheid en Verwante Werkersvakbond).
Die poskantoor sê diegene wat Sassa-toelaes ontvang, moet op die tyd en datum wat aan hulle gegee is, na die betaalpunte gaan om hul toelaes te ontvang. Poskantore landwyd betaal ook Sassa-toelaes uit en werk soos gewoonlik.
Die poskantoor se stelsel vir die betaling van Sassa-toelaes werk onafhanklik van Sassa se interne stelsel. Wanneer die betaalingslêers na die poskantoor oorgedra is, betaal poskantoorwerknemers die toelaes uit. Poskantoorwerkers word nie deur die staking geraak nie.
Die poskantoor sê ook hy het reeds 86% van die 6,7 miljoen toelaes vir Oktober uitbetaal. Dit is die toelaes vir begunstigdes wat die nuwe goue Sassakaart gebruik – en met die nuwe kaart is dit moontlik om hulle toelaes te gebruik sonder om enige transaksie- of bankkoste te betaal.
Begunstigdes wat kies om hul toelaes te onttrek deur diensverskaffers wat nie deur die poskantoor gelys is nie, loop die risiko om aansienlike transaksiegeld te betaal.
Die nuwe kaart laat een gratis onttrekking per maand by ‘n poskantoor toe en drie gratis onttrekkings by supermarkte.
Die poskantoor raai begunstigdes dus aan om net by ‘n poskantoor of supermark hul toelae te onttrek. So kan hulle seker maak hulle gebruik hul toelae ten volle.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'