“Ons wou liggies gaan kyk het in Lawleystraat, Waterkloof, en toe word ons amper gekaap. Dit was ‘n nagmerrie.’
So beskryf Coen-Marie Louw van Pretoria haar ervaring toe sy en haar vriend op pad na Lawleystraat by die Fonteine-sirkel se verkeerslig gestop het.
Sy sê die volgende oomblik toe duik daar ‘n naak man langs haar venster op waar sy aan die passasierskant gesit het.
Louw sê die verkeers- en straatligte was buitewerking en dat hulle niemand in die pad sien lê het nie. “My vriend het vir aankomende verkeer gekyk voor hy wou kruis.”
Louw vertel van ‘n nuwe VW Polo wat aan die anderkant van die pad in die teenoorgestelde rigting gestaan het met sy noodligte aan wat geflikker het.
“Die mense daar het gemaak asof hulle aan die agterste linkerwiel werk.”